Archive for Augustus, 2009

14
Aug
09

Somer in Spanje (Augustus 2008)

Kampering

Natuurlik as jy in Spanje kampeer moet jy ten minste EEN keer kampeer langs die volgende:

a) ? snelweg

b) ? klub wat die hele aand oopbly

c) ? treinspoor

d) drie punks wat ? verbasende klein tentjie deel

e) stink toilette of

f) kragdrade.

Laat een aand gebeur dit toe dat ons weens moegheid blindelings verby ? 3ster hotel fietstrap en reg langsaan nes skop in die aakligste kampeerterrein waar ek al my matrassie opgeblaas het.  Ons kom dit eers agter na ons die tente opgeslaan het. Ons is regs langs ? snelweg, ? partytjie wat die heel aand gaan duur, ? treinspoor, stink toilette en kragdrade. Net die drie punks wat die verbasende klein tentjie deel is nie daar nie. Die oplossing? Jy gaan eet uit, druk jou kussing oor jou kop en stort ‘ligtelik’.

 

staanplek in spanje... staanplek in spanje… 

Die lang, harige arm van die gereg

Natuurlik as jy in Spanje kampeer moet jy ten minste EEN keer met die lang, harige arm van die gereg te doen kry. Dit is 35 grade, 9uur die aand en ons het sopas 40km per trapfiets afgelê. Ons moet nog tent opslaan, vuur maak en die ‘mini braai’ uitpak. (Meer oor die ‘mini braai’ ? bietjie later.)

Berta en Florie is eerste vort swembad toe. Die oorblywende vier gryp ? bier en sit hulle agterna. ? Geslote hek stop ons wel dood in ons spore. Florie en Berta wat aan die anderkant van die geslote hek in die swembad baljaar beteken bloot vir ons hulle het ? ander hek gekry wat oop was. So toe spring ons eenvoudig oor die geslote hek.

Soos ons naderstap fluister Berta vir my om op te hou giggel. Sy vermoed dat die swembad inderdaad gesluit is en dat my uitermatige harde lag sal aandag trek. Dit is tevergeefs. Die lang, harige arm van die gereg staan kort voor lank voor ons en order ons uit die swembad uit. Ons luister en staan voete ingedraai en al giggelend in ? streep voor die Oom wat ons in gebroke Engels ondervra en sy harige arm rondswaai. Van waar af is ons!? Wanneer het ons gearriveer!? In watter gedeelte kampeer ons!? Wat het ons gedink?! Ons gaan gerapporteer word! Ons moet die swembad area meteens verlaat!

Ek sou graag wil wegstap, maar om weer oor die geslote hek te spring sal definitief my skuld bewys.

‘Waar kan ons uit gaan?’, vra ek met groot oë.

‘Albei hekke is gesluit!’, brul die eienaar van die harige arms.

Dit is nou hier wat ek my bek moet hou, oor die hek spring en begin dink aan hoe ek gaan regmaak wat ek verbrou het. Nee, ek moet vir die Oom vra, ‘So waar gaan jy dan uit?

Die Oom word rooi onder die kiewe, begin stotter en dit is vir ons ? teken. Ons hou dus ons bekke, spring oor die heining, maar vergeet van regmaak. Nee, toe begin die chirps. Buite hoorafstand, natuurlik.

– As daar nie electric fencing is nie beteken dit die swembad is oop!

– As jy ? Suid-Afrikaner wil uithou maak jy die heining nie heuphoogte nie!

– Ons het gedink die heining was net om die kindertjies uit te hou!

 

Kos

Natuurlik wanneer jy in Spanje kampeer moet jy ten minste EEN keer vrugte uit ? boord uit steel. Ons klep mielies, appels, pere en die ongelooflikste vye.

Sover dit kos aangaan kry ons nooit regtig swaar nie. Spanje is nie ? uitsondering nie. Daar is ? oorvloed van vars brood, bok kaas, ham, organiese heuning salami, plaaslike bier, vars Mediterreense vis, ongelooflike perskes by elke plaaslike kafee en natuurlik al die gesteelde goedere.

 

Fietsry broeke

Natuurlik as jy 300km in Spanje op ? fiets aflê moet jy ten minste EEN keer jou fietsrybroek wil verbrand. Ons trek hulle uit, trek hulle weer aan, kerm oor hulle, trek hulle op, trek hulle sideways en stem uiteindelik ooreen dat ons nooit sal ooreenstem oor die gemak vs. irritasie debat nie.

 

Die ‘mini braai’

Natuurlik as jy in Spanje kampeer moet jy ten minste EEN keer braai. Die eerste aand wat die ‘mini braai’ sy verskyning maak, neem ek en Hannelie aan dit behoort aan die kampeergronde waar ons kampeer. Toe die braaitjie wel sy verskyning maak op ? tweede aand, by ? ander kampeerterrein, kry ons snuf in die neus. Die antwoord? Die ‘mini braai’ het sy eie drasak en ereplekkie in Hanlie se sysak. Ons is beïndruk.

 

Kommunikasie

Natuurlik wanneer jy in Spanje kampeer moet jy ten minste EEN keer die volgende sêgoed gebruik:

– Nou pra jy!

– Nou braai jy!

– My raad is nou op!

 

 Wow oomblikke

Natuurlik wanneer jy kampeer in Spanje moet jy ten minste EEN keer stop en sê, Wow. Ons het ? paar sulke oomblikke gehad.

– Die eerste 30km wat ons gery het (afdraande, whooaaa!) op die El Carrilet – ? ou treinspoor wat omskep is in ? stap en fietsry roete.

– Die besoek aan die ikoniese Spaanse Middeleeuse dorpie, Peratallada.

– Om agter ? verlore Florie aan te ry, oor ? berg, deur a woud en op los sand.

– Wim en Han wat in die geheim ? bottel Moet & Chandon saamry sodat hulle dit kan uitruk op die aand van hulle eerste huweliksherdenking en dit met ons almal deel.

– Gaudi se argitektuur in Barcelona.

– Om in die middel van nêrens te stop, die gas stofie uit te haal vir tee en koekies onder ? olyfboom.

– Om ? koffiewinkel met ongelooflike espresso OP die fietsroete te kry.

– Die vis/oester/prawn/haai braai op ? Mediterreense strand die laaste aand van die fiets trip.

12
Aug
09

toetslopie

ek wil kyk waar dit  verskyn…




Kategorieë